TOLBOS, TOLBOS

TOLBOS, TOLBOS DOR EN DROOG
Sien ek jou
Rol oor die pad
En
Deur die verlate vlaktes
Skarrel jy voort
TOLBOS, TOLBOS
Als is soos jy, dor en droog
Die pad is vol stof
Die wind ysig koud
Onooglike verlate huisies, langs die pad
Wat vertel van honger en koue in die nag
Uitdrukinglose, eensame wesens
Worstel, teen die wind, padlangs voort
Die lug, pikswart donker en jy ruik
Die dood in die nag
Die wind woed steeds padlangs voort
Ek sien jou weer

TOLBOS, TOLBOS STEEDS DOR EN DROOG

 

BACK   NEXT

 


Copyright (c) L-Morgan Cooper ~ All Rights Reserved